Top-Warries ontvang pryse

Laerskool Warmbad het op Dinsdagaand 19 November hul topleerders van die jaar met verskeie toekennings vereer tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling.

Die jong Warries het hulself goed van hul taak gekwyt op sport-, kultuur- en akademiese gebied.

 

Hasane Sebolao was vanjaar die beste seunsatleet op die atletiekbaan.

 

Jorich van Schalkwyk het sy laerskoolloopbaan op ’n hoë noot afgesluit. Hy het erekleure vir hokkie, krieket en leierskap ontvang en ook presteer in akademie. Voorts het hy weggestap met die hokkie-, tennis- en kriekettrofee. Hy is aangewys as die sportseun van die jaar en is bekroon met die skool se hoogste toekenning vir uitnemende prestasie — die Jaap Havenga-trofee.

 

Lourens Grobler het erekleure vir leierskap en die revuetrofee ontvang. Hy is ook aangewys as Laerskool Warmbad se seuns Dux-leerder van die jaar. Lourens het ook die leierskaptrofee vir die Warrie-seun van die jaar verower.

 

Annalie van der Linde van Laerskool Warmbad is met ’n gemiddeld van 88% die Dux-leerder vir meisies.

 

Adriaan Vosloo is Laerskool Warmbad se gr.7-kultuurseun van die jaar.

 

Keothabetse Hlabela het Laerskool Warmbad se toekenning vir die mees belowende netbalspeler, die revuetrofee, asook die sportmeisie van die jaar-toekenning verower.

Related Articles

Back to top button