Lifestyle

Vir die eerste maal, vir die tweede maal ….

Die adrena­lien wat vloei wanneer daar met ie­mand meege­ding word vir ’n wins­kopie is ’n gevoel wat ’n mens weer en weer laat terug­gaan na nóg ’n vei­ling.

Die op­winding en ener­gie van ’n vei­ling is vir baie mense versla­wend.

Die adrena­lien wat vloei wanneer daar met ie­mand meege­ding word vir ’n wins­kopie is ’n gevoel wat ’n mens weer en weer laat terug­gaan na nóg ’n vei­ling. ’n Slegte kopie of erva­ring plaas egter gou ’n demper op die op­win­ding en kan ’n koper met die hande in die hare laat.

Die meeste voer­tuie wat op vei­lings ver­koop word, is deur die bank terug­ge­neem, maar dees­dae gebruik groot hande­laars ook vei­lings om vinnig van voer­tuie ontslae te raak.

Hoewel daar ’n wins­kopie losge­slaan kan word, moet privaat kopers liefs eers ’n paar vei­lings besoek of selfs ’n kenner saam­neem.

Daar is gewoon­lik vooraf ’n dag waarop die voer­tuie wat opge­veil gaan word, besigtig kan word. Gebruik so ’n geleent­heid om mooi te kyk wat beskik­baar is en om die voer­tuie deeg­lik na te gaan. Neem die VIN-nommer (elke voer­tuig het ’n unieke ver­vaar­digers­nom­mer) van ’n voer­tuig waarin jy belang­stel en doen navraag oor dié motor by hande­laars. Hande­laars kan byvoor­beeld die diens­rekord van ’n voer­tuig met behulp van die VIN-nommer nagaan.

Die reserwe- of mini­mum­prys is gegrond op ’n voer­tuig se inruil­waarde. Goed­koper modelle en baie ge­wilde voertuie se mini­mum­prys sal nader aan die inruil­waarde wees terwyl duur of verwaar­loosde voer­tuie se pryse tot 20% onder inruil­waarde kan wees.

Voorne­mende kopers sal by die vei­ling ’n depo­sito, gewoonlik R5 000, moet betaal om te wys dat hulle ernstige kopers is en dik­wels moet daar bewys van voor­af­finan­siering of ander beskik­bare finan­sies getoon word. As daar nie ’n voer­tuig gekoop word nie, word die deposito terug­betaal, maar as daar wel ’n sukses­volle bod was en die trans­aksie kan nie afge­handel word nie, verbeur die koper die deposito. Kommis­sie van so­veel as 5% en BTW word by die prys gevoeg en kopers moet daar­voor voor­siening maak.

Laastens moet kopers ont­hou dat afslaers nie motors kan waar­borg nie en hulle nie die beske­rming van die verbruikers­wet geniet nie.

Related Articles

Back to top button