Laat wiel na gewilde Dopperbasaar

Daar is min dinge wat kom by ’n regte platte­landse kerk­ba­saar en daar is nie baie bakkers wie se koek­sisters so lekker smaak soos dié van ’n Dopper-suster nie.

Die Gere­for­meerde Kerk Water­berg se jaar­likse basaar vind op Sater­dag 2 November vanaf 08:00 by die Dopper­saal in Kerk­straat 57 in Modi­molle plaas.

Die kerk­gebou is reg langs die Water­berg-ouete­huis. Inwoners wat ’n draai by dié koop­fees wil maak, sal nie teleur­ge­steld wees nie.

Dié basaar se vleis­ver­kope of “vleis­paleis” is baie gewild en ’n mens loop altyd ’n wins­kopie raak.

Waar kry ’n mens nog top­gehalte maal­vleis teen slegs R65 per kg? Die Doppers se be­kende boere­wors sal teen slegs R70 per kg ver­koop word.

Ses spekvet beeste, ’n paar skape, varke én wilds­vleis is die afge­lope week in die slag­kamer onder leiding van die bekwame Dopper-vleis­werk­span bewerk.

Vleis­ver­kope sal om 08:30 afskop.

Daar sal ook ’n heer­like ontbyt bedien word. Kaartjies vir dié ete kan by die kerk­kan­toor teen R50 per vol­wassene en R25 vir laer­skool­kin­ders gekoop word of bel vir Alberta van Jaars­veld by tel. 076 812 0282 om vir die ontbyt te bespreek.

Die vrugte- en groente­pakke (‘hampers’), wat jaar­liks baie gewild is en soos soet­koek verkoop, sal teen R100 beskik­baar wees.

Daar sal ook tradisio­nele geregte soos pap en kaiings, panne­koek en basaar­poe­ding verkoop word.

Tuiniers kan gaan inloer vir ’n groot verskei­den­heid plante, vet­plante en vrugte­bome, waar­onder granaat- en vye­boom­pies, dag­lelies, kannas en bos­lelies (clivias).

Soos by enige basaar moet niemand daar wegstap sonder dat hulle ’n draai by die hand­werk-, koek- en wit olifant­tafel gemaak het nie.

Vir navrae bel vir Van Jaars­veld of skakel die kerk­kantoor by tel. (014) 717 3720.

Exit mobile version