EntertainmentLifestyle

Gewilde koor bied musiekblyspel aan

Die Andanté-koor van Die Oog Aftree­land­goed buite Mook­go­phong bied vanjaar sy derde kon­sert op Vrydag 25 Okto­ber in die Olien­hout­saal by Die Oog aan.

Die kon­sert begin om 19:00 en kaar­tjies beloop R40 per per­soon.

Vanjaar se optrede beloof om uit die boonste rakke te wees. Die tema is: Musiek­blyspele en ander grotes, wat beteken dat die liedere wat gehoor sal word bekende en geliefde melodieë is wat oor baie jare bekend­heid ver­werf het én waarmee ’n mens kan saam­n­eu­rie.

Die repertoire is wyd en sluit ’n ver­skeiden­heid blyspele in soos The Sound of Music, Okla­homa, Joseph and The Amazing Techni­colour Dream­coat en Fiddler on the Roof.

Die program is saam­gestel uit koor­sang, groep­sang, solo’s en klavier­items.

Die Andanté-koor be­staan uit 33 kernlede wat almal in­woners van Die Oog is. Die koor tree op by lof­sang­dienste, Die Vonkel­jare Musiek­fees in Pretoria en ander toe­pas­like ge­leent­hede. Die inkomste uit hier­die konsert word ver­deel tussen die koor se gelde­like verplig­tinge oor die vol­gende twee jaar en aan ver­dienste­like uitga­wes ter uitbrei­ding en bestuur van Die Oog. Die koor­leier is Elize Duncan en die bege­leier is Isabel Mc­Dermott.

Kaartjies kan gekry word by C&A in Mook­go­phong of bel vir Betsie by tel. 082 457 1675 of Leonora by tel. 076 988 5529.

Related Articles

Back to top button