Mooigoed by Kersmark in Bela-Bela

Handge­maakte geskenk­sak­kies en Kers­kaar­tjies, inge­legde pro­dukte, boer­beskuit, rame, kop­ban­de en serpe, handge­maakte en silwer ju­wele, hout- en leer­pro­dukte.

Dít is van die produkte wat besoe­kers vir hul Kers­kouse by die Pal­jas Kers­mark op Sater­dag 2 November op die skool­ter­rein van Hoër­skool Warm­bad in Bela-Bela sal kan be­sigtig en koop.

Amanda Mostert van Meer­kat Leather Designs se prag­tige leer­hand­sakke is ook een van die uit­stal­­lers.

Mostert is ’n oud-Warrie wat ’n graad in ver­bruikersweten­skap (kleding) by Tuks verwerf het en ná haar studies besluit het om op leer­produkte te fokus.

Meer­kat bestaan reeds sedert 2016 en deesdae word Mostert se ont­werpers­hand­sak­ke vanuit ’n toe­geruste werks­win­kel in Lepha­lale ver­vaar­dig. Elke handsak is uniek en haar style verander voort­durend sodat kliënte altyd met nuwe ontwerplyne en tendense verras word.

Berna Moolman van Modimolle is nog ’n uit­staller wie se stalletjie beslis die moeite werd sal wees om te besoek. Dié oud­kunsonderwyser bedryf die afgelope paar jaar haar eie raam­­onder­ne­ming. Sy het ’n groot ver­skeiden­heid rame en van dié rame sal tydens Pal­jas uit­ge­stal word. Daar is min Kers­­geskenke wat kom by ’n mooi geraamde foto of kuns­­werk.

Die ver­skeidenheid stalle­tjies in die kos­vier­kant behoort ook besoe­kers se monde te laat water. Beckys Meals on Wheels sal heerlike “footlong Russian rolls” maak. Hulle is ook bekend vir hul “Snow Ice” wat ’n heerlike lafenis in die warm Novem­­ber sal wees.

Mack Boshoff wat op 14 panne in ’n sirkel gelyk panne­­koeke bak, is nie net iets onge­loofliks om te sien nie; sy pannekoeke smaak ook vorentoe. Dan sal daar ook tra­disionele kos soos pap en kaiings, vet­koeke en koek­sisters wees. Die bobaaskos­maker Rhonel Pienaar se oliebolle (“doughnuts”) sal beslis ook groot aftrek geniet. Sy sal ook prag­tige rokkies vir tiener­meisies op uitstalling hê.

Vir die kinders is daar ’n lek­ker­goed- en aktiwiteits­tafel.

Daar is nog plek vir uit­gesoekte pro­dukte. Die organiseerders keur alle produkte om te ver­hoed dat daar te veel stalletjies is wat dieselfde pro­duk verkoop. Daar is nog nie aansoeke ontvang vir die volgende stal­letjies nie: roomys en melk­skom­mels, koffie, olyf­produkte, kaas, “craft” bier en jenewer (“gin”).

Mense wat ’n unieke produk ver­vaar­dig en graag by Paljas wil uitstal, kan vir Bea Emslie skakel by tel. 083 654 5819 of stuur ’n e-pos na dieposbea@icon.co.za(.)

Die mark word aan­ge­bied ten bate van Die Pos-kinder­fonds, Stadspoort-be­diening en Hoërskool Warmbad se voed­selskema. Toegang na die mark is gratis, maar besoe­kers word versoek om ’n donasie by die ingang van die mark te gee wat tussen die drie lief­dadigheids­projekte verdeel sal word.

Exit mobile version