Waar is die skattigste baba?

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste baba in die land?

Ma’s wat oortuig is dat dit een van hul kroos is, kan inskryf vir die baba- en kleuterkompetisie wat tydens die Nyliefees op Saterdag 14 September gehou word.

Daar is twee afdelings waarin deelgeneem kan word. Op die dag word babas beoordeel in kategorieë vir 0-5 maande, 6-18 maande, 19-25 maande en kleuters van 3-6 jaar oud.

Daar is ook ’n fotokompetisie vir die kind wat die meeste na een van sy of haar ouers lyk. Dié foto’s moet reeds op Dinsdag 10 September saam met die inskrywingsvorm by Brakanjan Speelskool in Gholfstraat ingegee word. Alle foto’s sal terugbesorg word.

Die kompetisie wat tydens die fees plaasvind se registrasie open om 06:45 en die inskrywings sluit om 07:30. Die beoordeling begin om 08:00.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Die Pos se kantore in Modimolle, die Fotolab in die ModiMall, die Koffiekan en alle kleuterskole in die dorp.

Die inskrywingsfooi is R20 per kategorie en enigiemand kan deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version