EntertainmentLifestyle

Susan Coetzer kom in Bela-Bela kuier

Die Hervormde-gemeente in Bela-Bela se vroue bied in Oktober ’n oggendtee aan.

Dié geleentheid sal op Saterdag 26 Oktober by Marula-vakansieoord buite die dorp plaasvind. Die oggend begin om 09:30 (vir 10:00) en sal tot 13:00 duur.

Sybil du Plessis is die programleier en die bekende Susan Coetzer sal as spreker optree.

Coetzer is ’n bekende Suid-Afrikaanse aktrise en skrywer. Sy het al in ’n groot verskeidenheid verhoogproduksies opgetree waarvoor sy verskeie pryse ontvang het, waaronder ’n Artes-toekenning.

Sy het hoofrolle vertolk in televisiereekse soos onder meer Meester en Daisy de Melker, terwyl sy ook in rolprente soos City of blood, Kin en Jobman verskyn het.

Uit haar pen het ’n paar boeke waaronder Sonneblomme en daisies, Oros vir die siel (haar eerste roman) en Lisa se dagboek.

Coetzer is ’n uitstekende spreker en haar aanbieding is vol humoristiese vertellings oor die lief en leed van gewone mense se alledaagse lewenservarings. ’n Oggend saam met Coetzer is werklik “Oros vir die siel”.

Die sanger, Chris Coetzer, sal ook die oggend optree en die verskeidenheid wat hy tydens ’n program aanbied, val gewoonlik in almal se smaak.

Kaartjies kos R150 per persoon wat ’n sjerrie met aankoms, asook ’n ligte middagete, insluit. Daar sal ook ’n kontantkroeg beskikbaar wees.

Sakelui kan ook ’n tafel vir 10 mense koop.

Vir meer inligting oor die oggend of om kaartjies te koop, bel vir Stella van der Walt by tel. 072 331 9377 of Anél van Tonder by tel. 083 629 7159.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button