Derduisende mense sterf jaarliks wêreldwyd wanneer hulle besmet word deur honde, jakkalse, vlermuise, meerkatte en ander diere. Mense wat nie ingeënt is nie en met hondsdolheid gediagnoseer word, oorleef selde. Dit is daarom belangrik om diere daarteen in te ent om die verspreiding van die siekte te beperk.
Die departement van landbou se dieregesondheidsafdeling bied jaarliks gratis inentings vir troeteldiere teen hondsdolheid aan.
Diere kan op Maandag 12 Augustus vanaf 09:00 tot 11:00 by die Alma-winkel ingeënt word en van 11:30 tot 15:30 in die Alma-township. Nog ’n span is vanaf 09:00 tot 10:00 in Sterkfontein (De Nose-skool) beskikbaar en van 10:30 tot 12:00 by Knopfontein en Tweestroom. Daar word ook van 12:30 tot 14:30 inentings by die Oase-winkel in Boekenhoutkloof gedoen en van 15:00 tot 16:00 by die Heuningfonteinwinkel.
Inentingings vind op Dinsdag 13 Augustus van 09:00 tot 11:00 by Olifantsbeen (Driehoek Voere) gedoen en van 12:00 tot 14:30 by die Groenfontein-hoewes. Van 09:00 tot 16:00 word daar ook diere in Vaalwater by die Lesiding-saal ingeënt.
Inentings word op Woensdag 14 Augustus vanaf 08:30 tot 16:00 by die poskantoor in Vaalwater gedoen.
Die span is weer op Donderdag 15 Augustus vanaf 09:00 tot 10:00 by die ou winkel op Witklip en van 10:30 tot 11:00 by Buffelsfontein. Inentings vind ook van 12:00 tot 13:00 by Boschdraai en van 13:30 tot 14:30 by Sterkstroom (Sea Para School) plaas. Op dieselfde dag is daar van 09:00 tot 10:30 ’n span by die Melkrivierwinkel en van 11:00 tot 13:00 by Sukses-winkel, asook van 13:45 tot 14:45 by Driefontein/Uitspan. Inentings word op Donderdag 16 Augustus vanaf 09:00 tot 10:00 by Rhenosterpoort gedoen en van 10:30 tot 13:00 by die Rankinspas-winkel. Die span is weer van 13:30 tot 15:30 by die ou winkel in Loubad. Vanaf 09:00 tot 10:00 is die span by Kralingen-winkel beskikbaar, van 10:40 tot 11:30 by Weltevreden (Ronnie Brink) en van 12:30 tot 14:00 by die Waterval-padstal.
Hou Die Pos dop vir die komende weke se skedule.