LifestylePets

Inentings beskerm mens en dier

Honds­dol­heid is ’n do­de­li­ke siek­te wat deur ’n vi­rus ver­oorsaak word wat die se­nu­stel­sel aan­tas.

Der­dui­sen­de men­se sterf jaar­liks wêreld­wyd wan­neer hul­le be­smet word deur hon­de, jak­kal­se, vler­mui­se, meerkatte en an­der die­re. Men­se wat nie in­ge­ënt is nie en met honds­dol­heid ge­diag­no­seer word, oor­leef sel­de. Dit is daar­om be­lang­rik om die­re daar­teen in te ent om die ver­sprei­ding van die siek­te te be­perk.

Die de­par­te­ment van land­bou se die­re­gesond­heids­af­de­ling bied jaarl­iks gra­tis in­en­tings vir troe­tel­die­re teen honds­dol­heid­ aan.

Diere kan op Maan­dag 12 Augus­tus van­af 09:00 tot 11:00 by die Al­ma-win­kel ingeënt word en van 11:30 tot 15:30 in die Al­ma-township. Nog ’n span is van­af 09:00 tot 10:00 in Sterk­fon­tein (De Nose-skool) beskikbaar en van 10:30 tot 12:00 by Knop­fon­tein en Twee­stroom. Daar word ook van 12:30 tot 14:30 inentings by die Oase-win­kel in Boeken­hout­kloof gedoen en van 15:00 tot 16:00 by die Heu­ning­fon­tein­winkel.

Inentingings vind op Dins­dag 13 Augus­tus van 09:00 tot 11:00 by Olifants­been (Drie­hoek Voere) gedoen en van 12:00 tot 14:30 by die Groen­fon­tein-hoewes. Van 09:00 tot 16:00 word daar ook die­re in Vaal­wa­ter by die Lesiding-saal ingeënt.

Inentings word op Woens­dag 14 Augus­tus van­af 08:30 tot 16:00 by die pos­kan­toor in Vaal­wa­ter gedoen.

Die span is weer op Don­der­dag 15 Augus­tus van­af 09:00 tot 10:00 by die ou win­kel op Wit­klip en van 10:30 tot 11:00 by Buf­fels­fon­tein. Inentings vind ook van 12:00 tot 13:00 by Bosch­draai en van 13:30 tot 14:30 by Sterk­stroom (Sea Para School) plaas. Op die­self­de dag is daar van 09:00 tot 10:30 ’n span by die Melk­ri­vier­win­kel en van 11:00 tot 13:00 by Su­kses-win­kel, asook van 13:45 tot 14:45 by Drie­fon­tein/Uit­span. Inentings word op Don­der­dag 16 Augus­tus van­af 09:00 tot 10:00 by Rhenos­ter­poort gedoen en van 10:30 tot 13:00 by die Ran­kins­pas-win­kel. Die span is weer van 13:30 tot 15:30 by die ou win­kel in Lou­bad. Van­af 09:00 tot 10:00 is die span by Kra­lingen-win­kel be­skik­baar, van 10:40 tot 11:30 by Wel­te­vre­den (Ron­nie Brink) en van 12:30 tot 14:00 by die Wa­ter­val-pad­stal.

Hou Die Pos dop vir die ko­men­de we­ke se ske­du­le.

Related Articles

Back to top button