Ruiters sit stewig in die saal tydens rit

Nie die ysi­ge koue óf uit­mer­ge­len­de af­stan­de kon twee rui­ters van Modi­mol­le en hul per­de stuit nie.

Ma­rie­tjie van der Mer­we en haar perd, Deo Gra­tias Zeena, en die 11-ja­ri­ge Lize Sta­pel­berg op Deo Gratias Yadviqa, het van 2-4 Julie aan die jaar­lik­se na­sio­na­le uit­hou­rit­kam­pioen­skap­ in Faure­smith deel­ge­neem. Albei het die uit­hou­rit vol­tooi. Lize is ’n gr. 6-leer­der aan die Wa­ter­berg­skool vir CVO in Modimolle.

Vol­gens Van der Mer­we het daar so­wat 300 per­de weg­ge­spring, maar slegs 164 kon die 206 km-lange rit wat oor drie dae gehou is, vol­tooi.

“Die per­de word in die drie dae altesame ne­ge keer deur vee­art­se on­der­soek. Daar word ge­kyk na die perd se hi­dra­sie, derm­klan­ke, hart­spoed en of daar eni­ge mank­heid is. Die wel­stand van die perd kom al­tyd eers­te,” het sy ge­sê.

Een van die rit se uit­da­gings is dat die ver­sor­gers na el­ke been van die rit moet op­pak en skuif na die vol­gen­de on­der­soek­punt sowat 25 km ver­der weg. “Al is dit die heel­tyd ’n haas­ti­ge ver­trek van punt na punt, is dit ook kuier­tyd en lek­ker saam­werk­tyd. Ons het saans om die kamp­vu­re be­plan aan die volgende dag se rit en me­kaar raad ge­gee,” het Van der Mer­we ver­tel.

Tus­sendeur word daar met die per­de ge­stap en se­ker ge­maak dat hul­le ge­noeg kom­ber­se in die stal­le het.

“Die rit bied uit­da­gings aan die rui­ter, perd en die ver­sor­gers en net dié met die meeste deursettingsvermoë voltooi die wedloop. Van­jaar was geen uit­son­de­ring nie en ver­al die vee­arts­on­der­soe­ke wat teen vriespunt plaas­ge­vind het, het al­mal aan die bib­ber ge­had. Ysi­ge wind en reën het mens en dier se uithouvermoë ge­toets.”

Die reën het ge­luk­kig op­ge­klaar en die rui­ters kon teen Dins­dag­og­gend 2 Ju­lie droog weg­spring. Die tem­pe­ra­tuu­r het ge­wis­sel tus­sen -3ºC met die weg­spring en 18ºC ge­du­ren­de die dag. Vol­gens Van der Mer­we het baie per­de reeds die eers­te dag uit­ge­val weens mank­he­id. “Die ter­rein waar­oor die per­de beweeg het, het kon­sen­tra­sie en fiks­heid geverg. Row­we klip­pe en wal­le het die roete be­moei­lik en rui­ters moes kop­hou om die woe­lige per­de op die beste en veiligste pad te stuur.”

Dit was Lize en Yadviqa se eers­te deel­na­me aan die Faure­smith-rit en hul­le het ’n ne­gen­de plek in die kin­der­rui­teraf­de­ling be­haal.

Die Lim­po­po-uit­hou­rit­unie het ’n lig­ge­wig- en ju­nior ­span in­ge­skryf.

Van der Mer­we het in die lig­ge­wig­span deelge­neem. On­ge­luk­kig het die span te veel rui­ters oor die drie dae verloor en kon hul­le nie ’n plek behaal nie.

“Die rit toets jou, maar die same­syn en span­gees dra jou en bring jou el­ke jaar terug om weer te pro­beer,” het sy ge­sê.

Related Articles

Back to top button