EntertainmentLifestyle

Promosie: Vlieëniers beloof om te beïndruk

’n Eskader vliegtuie sak die komende naweek weer, ten aanskoue van opgewonde toeskouers, op Modimolle se vliegveld neer.

Die tiende jaarlikse Taildragger Fly Inn word op Saterdag 13 Julie deur die Nylstroom-vliegklub aangebied en vlieggeesdriftiges sal hul kan verwonder aan die vliegvernuf van die vlieëniers wat agter die stuur van die vliegtuie, helikopters en sweeftuie hul vliegvernuf sal wys.

In die verlede was daar al tot 200 vliegtuie wat aan die aktiwiteite deelgeneem het.

 

Toegang is gratis en toeskouers wat reeds van vroegoggend op die terrein is, kan om 7:30 ’n heerlike ontbyt teen slegs R50 geniet. Die ontbyt sal bestaan uit pap en sous, maalvleis, spek en eiers, sampioene en tamaties.

Vanaf 10:00 tot 16:00 sal daar ook boereworsrolle teen R35 beskikbaar wees. Die wors is van oudrubyspeler Bakkies Botha se Bakkies Boerewors (www.bakkiesboerewors.co.za). Daar is ook hamburgers beskikbaar teen R40, soetgoedpakkies vir die kinders sowel as koffie- en koeldrankstalletjies.

Kom en maak kennis met wêreldklas-aerobiese kampioen, Jason Beamish.

 

Die wêreldklas akrobatiese vliegkampioen, Jason Beamish, woon ook die dag by en besoekers is welkom om hom op te soek vir ’n geselsie.

Die dag vind plaas by die Nylstroom-vliegveld op die R101 net buite die dorp in Mookgophong se rigting.

 

 

Vir meer inligting, skakel Christo Bredenkamp by tel. 082 494 3132.

Die ontbyt word aangebied deur André Kock en Seun (andrekocklimpopo@sastud.co.za). Vir veilingsnavrae kontak hulle by tel. (014) 004 0028/9 of sakel Jossie Steyn by tel. 083 230 5805.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button