LifestyleRecipes

Probeer gerus hierdie lekker broodpoeding in die jagveld

Die Pos se bekroonde fotograaf, Herman Steyn, is nie net ’n man wat agter die lens bedrewe is nie, maar hy is ook ’n kranige kok en het al menige keer die manne in die jagveld met liplekdisse getrakteer.

In die jagveld maak ’n mens kos oor die vuur. Herman Steyn, Die Pos se bekroonde fotograaf, weet net hoe.

 

Hierdie broodpoedingresep is ’n ou staatmaker en volgens hom kan dit nie misluk nie solank die kok net sy oog op die vuur hou.

Bestanddele:

  • 1 witbrood waarvan die korsies afgesny is
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 blikkie ingedampte melk (Idealmelk)
  • 500 ml vars room
  • Appelkooskonfyt
  • Botter (margarien gee nie dieselfde smaak nie)
  • 6 eiers
  • 2 teelepels vanillageursel
  • 1 pakkie rosyne of sultanas
  • ’n Halwe koppie brandewyn (opsioneel)

Metode:

  • Meng die kondensmelk, ingedampte melk, vars room, eiers en vanilla saam.
  • Smeer ’n platboomswartpot met botter.
  • Smeer nou die snye brood aan weerskante met botter.
  • Smeer appelkooskonfyt slegs op een kant van die brood.
  • Pak brood met appelkooskonfyt aan die bo-kant soos ’n legkaart sodat die hele boom bedek is.
  • Strooi ’n handvol rosyne/sultanas tussen die lae brood.
  • Gooi tussen elke laag brood van die roommengsel en pak pot tot al die brood goed deurweek is.
  • Daar behoort so drie of vier lae brood en roommengsel te wees.
  • Strooi ’n bietjie kaneel oor die boonste laag.
  • Bak op ’n kampvuurrooster met mediumhitte vir ongeveer 45 minute. Sit ’n paar kole op die pot se deksel. Die pot moenie direk op die warm kole staan nie. Die poeding kan ook in ’n oond teen 180°C gebak word vir 45-60 minute.
  • Bedien warm.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button