EntertainmentLifestyle

AP Kerk hou basaar

Die APK-gemeente in Bela-Bela het die afgelope paar weke die vere reggeskud vir hulle jaarlikse basaar wat beloof om ’n heerlike koopfees te wees.

Die basaar vind op Saterdag 29 Junie op die Forever Resorts-feesterrein plaas (oorkant die provinsiale hospitaal). Die hekke open om 8:00 en die feestelikheid sal tot 14:00 duur. Dit sal ’n geleentheid wees waar vriende en familie heerlik kan ontspan terwyl hulle onder meer aan watertand eetgoed smul. Van die eetgoed sluit onder meer in: pannekoek, koeksisters, nagereg, gebak, sosaties, hamburgers, biltong en droëwors, asook kerrie-en-rys.

En soos dit ’n regte plattelandse basaar betaam, sal daar ook ’n vleistafel met vars vleis en wors wees, asook heeerlike plaasgroente.

Buiten die heerlike kosstalletjies kan boekwurms en -versamelaars ook uitsien na ’n boeketafel.

Daar is ook heerlike kindervermaak en ’n motoruitstalling.

Related Articles

Back to top button