Nóg ’n Sonskyndorper skitter op The Voice se verhoog

So­né Jou­bert (26), wat in Be­la-Be­la groot­ge­word het, is die tweede Sonskyndorper wat gehore regop laat sit in M-Net se gewilde sangprogram The Voice.

Sy is ’n oud­leerder van Laer­skool én Hoër­skool Warm­bad.

Die musiek­onderwyser Jo­han “Fat­man” Brüm­mer het die land aan sy voete gehad toe hy in ’n vorige seisoen van dié program tot die finale ronde deurge­dring het.

Die sanger Ria­na Nel, een van die beoordelaars in The Voice, het Joubert vin­nig op­ge­raap ty­dens die “geheime op­trede”, waar beoorde­laars nie die sangers kan sien nie. Sy het die lied Vier sei­soe­ne kind van Gian Groen gesing. Die ander be­oor­de­laars is sang­ers Fran­cois van Coke, Lira en Riky.

Jou­bert het aan Die Pos ge­sê sy neem al van 11-jarige ouderdom aan kom­pe­ti­sies soos die Suid-Af­ri­kaan­se kam­pioen­skap vir uit­voe­ren­de kuns­te en kom­pe­ti­sies in A­me­ri­ka deel.

Mar­ga Roos, sang­af­rig­ter van Encore Studio’s in Bela-Bela, het haar jare lank afgerig. Daar­na het sy saam met sang­er Tom­my Dell ge­werk, as­ook saam met Ben E­loff.

Joubert was vroe­ër deel van die sang­groep Dolce Chix saam met San­li Bo­tha (oud-Ny­lie), Jeane Al­berts (oud-Warrie) en Co­ba Dra­per (oudleer­der van die Wa­ter­berg­skool vir CVO in Modimolle).

Haar ma, Jua­ni­ta Jou­bert, wat lank by die Be­la-Be­la-p­oli­sie be­trok­ke was, praat met lof van haar dog­ter.

Jou­bert woon tans in Gor­dons­baai en werk by Ebervet Vetshop in Lion Square in So­mer­set-Wes.

“Ek is deur Ma­lie Kel­ly raak­ge­sien na­dat sy na my video van die lied­jie I’ll be there van Jess Glynne ge­kyk het. Sy het my ge­kon­tak en ge­vra of ek aan The Voice wil deel­neem,” het sy ge­sê.

“The Voice is a­sem­ro­wend. Die on­der­vin­ding om deel van so ’n groot pro­duk­sie te wees, slaan my a­sem weg. Ek ge­niet el­ke oom­blik daar­van en ek leer el­ke dag.”

Dit was vir Jou­bert ver­al lek­ker om ty­dens die laas­te uit­sen­ding saam met be­ken­de sang­er Jo Black te werk wat haar help slyp het vir haar optrede.

The Voice word el­ke Son­dag om 17:30 op DSTV-ka­naal 101 uit­ge­saai. Luisteraars stem vir hul gunstelinge. Men­se kan op The Voice SA se web­tuis­te of deur die The Voice SA se toep vir die sangers stem.

Om vir Jou­bert te stem, moet men­se haar deel­ne­mer­nom­mer, 17, na tel. 33962 SMS.

El­ke SMS kos R1,50 en men­se kan tot 100 keer stem.

“Ek wil graag ’n verskil in die Af­ri­kaan­se mu­siek­be­dryf maak,” het Joubert gesê.

Exit mobile version