Maak vanmiddag nog dié heerlike gebakte hoendergereg

Yolandy Siebert, mede-eienaar van Mashudu Lodge buite Vaalwater, moet daagliks met vars idees vorendag kom om gaste te onthaal.

Die Pos het by haar gaan kuier om uit te vind watter kosgeheime sy vir haar gaste het. Sy het aan Die Pos gesê suurroom is ’n heerlike bestanddeel wat net daardie tikkie bykomende lekkerte in talle geregte sit.

Yolandy Siebert van Vaalwater is ’n gasvrou van formaat. Siebert het een van haar gunstelingresepte met Die Pos se lesers gedeel.

Sy deel graag met die lesers haar heerlike gebakte hoendergereg. Vier tot ses mense kan daaraan smul.

Bestanddele:

Speserye

Metode:

  1. Meng die suurroom en melk.
  2. Verhit die oond tot 180 °C.
  3. Sny die filette in drie ewe groot dele en braai dit tot goudbruin.
  4. Braai spek tot gaar en gooi oor die gaar hoender.
  5. Geur met Aromat en swartpeper.
  6. Meng die suurroommengsel deur alles.
  7. Gooi oor in ’n oondskottel.
  8. Breek fetakaas in stukkies oor die mengsel en bak dit vir 20-30 minute. Bedien met rys of koes-koes en groente in seisoen.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version