Nuwe leesstof wag vir boekwurms

Die aan­de be­gin koel raak en wat is lek­ker­der as om vroeg­aand in te kruip met ’n goeie boek om te lees?

Die Lees­kring in Mo­di­mol­le het nu­we voor­raad op hul rak­ke uit­ge­pak en le­sers kan kies en keur tus­sen nu­we, so­wel as ou ge­wil­de ti­tels.

Die nu­we Afri­kaan­se boe­ke is Jea­net­te Fer­rei­ra se Bloed­le­lie, So­phia Kapp se Kan­tel­punt, Theo Kemp se Straf­jaart, Ma­ret­ha Maar­tens se Sa­ra, Ro­nel Nel se Pel­grims­hoop, Hans Pie­naar se Die ge­ne­raal, Eben Ven­ter se Groen soos die he­mel daar­bo, Peet Ven­ter se Soos ’n diep wa­ter­­kuil en Jan Ver­meu­len se On­dier.

Die nu­we Engel­se boe­ke is David Baldacci se Long Road to Mercy, Sandra Brown se Tailspin, Lee Child se Past Tense, Harlan Boven se Don’t Let Go, Robin Cook se Pandemic, Clive Cussler se Nighthawk, Robert Galbraith se The Cuckoo’s Calling, Camilla Lackberg se The Girl in the Woods, James Patterson se Juror No. 3, J.D Robb se Dark in Death, Nora Roberts se Christmas in the Snow, Karen Rose se Say You’re Sorry en Wilbur Smith se King of Kings.

Vry­ge­wi­ge le­sers het ook die vol­gen­de boe­ke ge­skenk: Vre­diger en Hei­li­ger van Dibi Brey­ten­bach en Thy­phoon Fury van Clive Cussler, Blood Red Rose van Maxwell Grant, The House on Cold Hill van Peter James, Prodigal Summer van Barbara Kingsolver, Confession Paris — The Mysteries en Confessions of a Murder Suspect van James Patterson.

Le­sers kan hul lees­voor­raad op Maan­dae en Don­der­dae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 aanvul. Die Lees­kring is in Steve Tshwe­te­­straat 13 (voor­­heen Hos­­p­i­­taal­­straat) in Modimolle.

Vir meer in­lig­ting, bel vir Mar­thie Al­berts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir El­sie Koch by tel. 072 249 1205.

Exit mobile version