Nuwe leesstof wag vir boekwurms
Die aande begin koel raak en wat is lekkerder as om vroegaand in te kruip met ’n goeie boek om te lees?
Die Leeskring in Modimolle het nuwe voorraad op hul rakke uitgepak en lesers kan kies en keur tussen nuwe, sowel as ou gewilde titels.
Die nuwe Afrikaanse boeke is Jeanette Ferreira se Bloedlelie, Sophia Kapp se Kantelpunt, Theo Kemp se Strafjaart, Maretha Maartens se Sara, Ronel Nel se Pelgrimshoop, Hans Pienaar se Die generaal, Eben Venter se Groen soos die hemel daarbo, Peet Venter se Soos ’n diep waterkuil en Jan Vermeulen se Ondier.
Die nuwe Engelse boeke is David Baldacci se Long Road to Mercy, Sandra Brown se Tailspin, Lee Child se Past Tense, Harlan Boven se Don’t Let Go, Robin Cook se Pandemic, Clive Cussler se Nighthawk, Robert Galbraith se The Cuckoo’s Calling, Camilla Lackberg se The Girl in the Woods, James Patterson se Juror No. 3, J.D Robb se Dark in Death, Nora Roberts se Christmas in the Snow, Karen Rose se Say You’re Sorry en Wilbur Smith se King of Kings.
Vrygewige lesers het ook die volgende boeke geskenk: Vrediger en Heiliger van Dibi Breytenbach en Thyphoon Fury van Clive Cussler, Blood Red Rose van Maxwell Grant, The House on Cold Hill van Peter James, Prodigal Summer van Barbara Kingsolver, Confession Paris — The Mysteries en Confessions of a Murder Suspect van James Patterson.
Lesers kan hul leesvoorraad op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 aanvul. Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 (voorheen Hospitaalstraat) in Modimolle.
Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.