Lifestyle

Motorkoop nie perdekoop

Hoë inflasie en ’n swak wisselkoers druk pryse van nuwe motors gedurig opwaarts.

In die gebruikte motormark gaan dit egter voor die wind. Benewens die gesonde aanvraag na gebruikte voertuie, kry verkopers nie die goeie pryse waarop hulle gehoop het nie.

Daar is drie algemene maniere om ’n voertuig van die hand te sit. Elkeen het sy eie voor- en nadele.

  • Indien ’n motor privaat verkoop word, is die groot voordeel dat daar geldelike voordele vir albei partye is. Daar is egter talle skelms en mense wat net jou tyd mors. Die papierwerk kan ook lol en finansiering kan ’n groot probleem wees. Indien die koper eers finansiering moet reël, kan dit soms uitdagend wees en die transaksie ’n paar weke duur. Die tipiese koper wat sy of haar motor laat finansier, sal eerder by ’n bekende handelaar wil koop wat hom of haar boonop met die proses bystaan.
  • Wanneer ’n motor ingeruil word, is die groot voordeel dat daar net een transaksie ter sprake is. Die voorgestelde transaksie moet egter deeglik oorweeg word. ’n Handelaar kan ’n groter inruilwaarde bied, maar die bykomende geld word waarskynlik by die nuwe voertuig se prys ingereken en dit bete-ken dalk ’n kleiner afslag op die nuwe motor.
  • Groothandelaars bied dikwels ’n maklike diens aan die koper. Die geld word onmiddelik in ’n veilige en deursigtige transaksie oorbetaal. Die nadeel is egter dat hierdie handelaars die meeste van hul voorraad aan kleinhandelaars verkoop of selfs opveil. Die gevolg is natuurlik dat hulle nie altyd die beste pryse aan verkopers kan bied nie.

• Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button