Sappige, tradisonele lam vir die keurige Paastafel

Paastyd is tradisioneel ’n tyd wanneer mense lamsboud, Paasbolletjies en Paaseiers voorsit.

Dié resep vir ’n lekker sappige lamsboud word al jare lank in ons familie gebruik en soms aangepas om dit nóg smaakliker te maak.

Bestanddele:

Metode:

  1. Was boud in louwarm water en vee met ’n doek af.
  2. Meng koljander, rooipeper, bruinsuiker, mosterdpoeier, knoffel, growwe sout en swartpeper en vryf die speserymengsel goed in die vleis.
  3. Sit die skaapboud in ’n groot skottel en giet die asyn en droë wyn oor.
  4. Marineer die boud vir 24 uur in die yskas en draai dikwels.
  5. Lig die skaapboud uit die marinade en klad met papierhanddoek. Strooi die koekmeel oor die boud en braai stadig tot brosbruin in ‘n groot kastrol/kasserolbak op die stoof (gebruik kookolie).
  6. Plaas gesnyde wortels, uieringe en selderystingels onder in kasserolbak.
  7. Sny spek in dun repies en lardeer boud daarmee en plaas bo-op die groente.
  8. Gooi marinade by, sit die deksel op en plaas in voorafverhitte oond van 160°C.
  9. Laat die boud stadig gaar word. Draai af en toe om met twee groot lepels. Wees versigtig om nie die vleis te veel te karnuffel nie; want dan val alles uitmekaar.
  10. Verpulp groente en indien nodig, verdik sous met ’n klein bietjie mielieblom.
  11. Bedien met heerlike brosgebraaide aartappels en ’n keur van groente in seisoen.
  12. Die belangrikste: Deel die vrug van jou arbeid met jou liefmense om ’n keuriggedekte tafel.
Exit mobile version