Honesty Dynasty het op die eerste dag van die kompetisie weggestap met die beste ras-toekenning en ’n kampioensertifikaat ontvang. Benjamin Leo het ’n eerste plek in die afdeling beste klein hond gewen. Hy was ook tweede in die beste ras-afdeling en algeheel tweede in die afdeling beste klein hond.
Honesty Dynasty het op die tweede dag van die kompetisie weer met die louere weggestap as wenner van beste ras-afdeling en was tweede in die werkende groep-afdeling.
Benjamin Leo was weer eerste in die afdeling vir klein honde, derde in die beste ras- en derde in die afdeling vir beste klein -honde.
Cordier se hondetelery, Ikangwa, is by die Kennel-unie van Suid-Afrika (KUSA) geaffilieer.
Hy het gesê hy is hoogs in sy skik met die toekennings.