LifestylePets

Spoghonde maak naam in Bela-Bela

André Cordier, sakeman van Bela-Bela, het die eerste naweek in Maart saam met sy twee bullmastiffhonde, Honesty Dynasty Cosmo Maxwell en Benjamin Leo, aan ’n bekende hondeskou in die Wes-Kaap deelgeneem en puik presteer.

Honesty Dynasty het op die eerste dag van die kompetisie weggestap met die beste ras-toekenning en ’n kampioensertifikaat ontvang. Benjamin Leo het ’n eerste plek in die afdeling beste klein hond gewen. Hy was ook tweede in die beste ras-afdeling en algeheel tweede in die afdeling beste klein hond.

Honesty Dynasty het op die tweede dag van die kompetisie weer met die louere weggestap as wenner van beste ras-afdeling en was tweede in die werkende groep-afdeling.

Benjamin Leo was weer eerste in die afdeling vir klein honde, derde in die beste ras- en derde in die afdeling vir beste klein -honde.

Cordier se hondetelery, Ikangwa, is by die Kennel-unie van Suid-Afrika (KUSA) geaffilieer.

Hy het gesê hy is hoogs in sy skik met die toekennings.

Related Articles

Back to top button