LifestyleRecipes

Rika ken haar storie agter die potte

Rika Kruger van Bela-Bela het vandeesweek by Die Pos stilgehou om een van haar kampioenresepte te deel.

Kruger is veral in die omgewing bekend vir die liefdadigheidswerk wat sy doen. Sy sorg dat minder bevoorregte skoolkinders op ’n gereelde grondslag ’n voedsame en heerlike bord kos het. Kruger sê sy het dit nie as kind breed gehad nie en verstaan dus skoolkinders se behoeftes.

Rika Kruger van Bela-Bela het tydens ‘n kookkompetisie in 2017 in Centurion ’n eertse plek behaal met haar blaarslaaisopresep.

 

Haar resep vir blaarslaaisop het in 2017 ’n eerste plek tydens die Centurion Super Bowl-kookkunskompetisie behaal.

Bestanddele:

  • 1 koppie fyn gekapte ui
  • 1 knoffelhuisie gekap
  • 3 eetlepels botter
  • 3/4 teelepels fyn koljander
  • 3/4 teelepels sout
  • 1/4 teelepel swart peper
  • 3/4 koppies geskilde aartappel in blokkies gesny
  • 8 koppies grof gekapte blaarslaai (blare en kern)
  • 3 koppies water

Metode:

  • Braai uie en knoffel in botter tot sag en deurskynend (moenie brand nie).
  • Voeg koljander, sout en peper by en braai vir ongeveer 1 minuut.
  • Voeg blaarslaai by en roer goed deur.
  • Voeg aartappels by.
  • Voeg water by en kook tot aartappels sag is.
  • Verpulp met ’n staafmenger (stick blender).

Die gereg kan warm of koud bedien word.

Related Articles

Back to top button