Kansa het raad ná mastektomie
Kansa Waterberg hou op Dinsdag 5 Februarie ’n opedag vir vroue wat mastektomies ondergaan het.
Kansa se nuwe vennoot is The M Store, wat borsprosteses en spesiale onderklere verskaf.
Hulle lê van 09:00 tot 13:00 besoek af by Kansa se kantoor in Modimolle. Chené Kerswill, hul hoogs gekwalifiseerde verteenwoordiger, bring die volle reeks goed ontwerpte, hoë kwaliteit voorraad saam vir passing en besigtiging.
Omdat Maandag 4 Februarie jaarliks wêreldkankerdag is, gee hulle groot afslag aan kliënte. Alle mediesefondseise word deur M Store self hanteer. Privaat pasiënte kry ook groot afslag.
Belangstellendes word gevra om hul bywoning te bevestig. Vir navrae bel vir Wilna van den Heever by tel. (014) 717 3950.