Kom kry ’n boek vir die vakansie

Diegene wat kla dat hulle nooit tyd kry om te lees nie, het nou geen verskoning nie.

’n Luilekker Desembervakansie is voor die deur!

Die Leeskring op Modimolle sluit hul deure eers op Donderdag 13 Desember en heropen weer op Donderdag 3 Januarie. Die Leeskring is tot dan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 oop. Dit is geleë in Steve Tshwetestraat 13 (voorheen Hospitaalstraat).

Verskeie nuwe boeke is onlangs uitgepak. Die Afrikaanse boeke sluit in Hy kom met die skoenlappers van Valda Jansen, Redelike twyfel van Chris Marnewich, Deon Meyer se Prooi, Madelein Rust se Lam ter slagting, Martin Steyn se Losprys, Rudie van Rensburg se Ys en Irma Venter se boek Sondag.

Die nuwe Engelse boeke op die rak is Seeing Red deur Sandra Brown, The Midnight Line deur Lee Child, Pulse deur Felix Francis, The Case Against William deur Mark Gimenez, The Accidental Further Adventures deur Jonas Jonasson, A Spark of Light deur Jodi Piccoult, Leverage in Death deur J.D. Robb, Shelter in Place deur Nora Robberts en Courtney’s War van Wilbur Smith.

Die Leeskring het ook ’n hele stapel boeke geskenk gekry. Onder dié boeke is André P. Brink se Voor ek vergeet, Andrew Broer se God se smokkelaar, Pienkes du Plessis se Die perdekombers en ander stories uit die jagveld, Ray J. Fletcher se Die hande wat die spykers geslaan het, S.D. Fourie se Die dooies leef, Antjie Krog se Relaas van ’n moord en Jacques Steenkamp se Die Griekwastad-moorde. Engelse boeke wat aan die Leeskring geskenk is, sluit in Mary Higgins Clark se The Cinderella Murder, Clive Cussler se The Spy, Wally Lamb se The Hour I First Believed, Victor Matfield se Victor, My Journey, Danielle Steele se Granny Dan en James Patterson se Woman of God en Private No 1 Suspect.

Vir meer inligting bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Exit mobile version