Lifestyle

Gaan dit Porsché of die Suzuki Jimny wees?

Die finaliste vir 2019 se Motor van die Jaar-kompetisie is reeds bekend.

Soos vorige jare is dit onmoontlik om die wenner te voorspel. Porsché, wat drie uit die vorige vyf jaar koning gekraai het, maak weer sterk aanspraak met hul Cayenne. Die publiek se gunsteling blyk egter die parmantige Suzuki Jimny te wees.

’n Splinternuwe Jimny het ná 20 jaar sy opwagting gemaak en daar was lanklaas soveel opgewondenheid en belangstelling in ’n nuwe motor. Met sy puik veldry-vermoë, kragtiger enjin en ougat stilering is dit maklik om te sien hoekom Suzuki-handelaars reeds name onder aan ’n lang waglys moet skryf.

Die ander agt finaliste is Alfa Romeo Stelvio, Honda Civic Type R, Volvo XC40, Mercedes A-Klas, Renault Duster, Hyundai Kona, Lexus ES, Pajero Sport, Suzuki Swift en Nissan Micra.

  • Paul Smith is ’n motorliefhebber, gesinsman en eienaar van die Spur op Bela-Bela.

Related Articles

Back to top button