Lifestyle

Volkswagen Tiguan Allspace ’n motor met karakter

Selfs ander Duitse motors troef nie die binneruim van die Tiguan nie en Volkswagen laat alle Japannese motors, ja, álle Japannese motors, na plastiek lyk en voel.

Volkswagen het in April die Allspace by sy gewilde Tiguan-reeks gevoeg.

Ek het onlangs die 2-liter diesel onder hande gehad.

 

 

Die Allspace het my werklik beïndruk met sy veeldoelige karakter en die gehalte van die afwerking. Die duursame materiaal wat deesdae deur Volkswagen in sy binneruim gebruik word, staan vir geen ander vervaardiger terug nie.

Selfs ander Duitse motors troef nie die binneruim van die Tiguan nie en Volkswagen laat alle Japannese motors, ja, álle Japannese motors, na plastiek lyk en voel.

Die ingenieurs het iets met die uitlaatstelsel aangevang wat maak dat dit glad nie soos ’n diesel klink nie, maar eerder soos die lekker sportiewe brul van ’n luikrug.

 

 

Die krag word juis op so ’n lekker manier gelewer dat dit moeilik is om hom nie soos ’n luikrug te bestuur nie.

Die binneruim is besaai met oulike bêreplekkies en die Allspace bied sewe sitplekke. Die agterste ry vou behoorlik plat in die bagasieruim wat help om veelvuldige sitplekverstelopsies moontlik te maak.

 

 

Die Tiguan Allspace is werklik ’n praktiese motor wat ’n verskeidenheid rolle besonder goed vertolk. Hoewel daar vierwielmodelle is, is die motor nie bedoel vir swaar veldrywerk nie, tog sal ’n grondpad in die wildtuin en Bosveld met gemak verken kan word.

Vir ’n veeldoelige, ekonomiese motor met goeie ritgehalte en ’n luukse binneruim, is die Tiguan Allspace een van die beste keuses.

Ongelukkig is hier nie handelaars in ons omgewing nie en dit maak die diens van Volkswagen so ’n bietjie ongemaklik.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button