Lifestyle

Skryf in vir handvlytskou

Daar sal onder meer gebak, preservering, lekkers, brei-, hekel-, borduur- en masjienwerk, kuns, asook handvlyt-items wees.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Soetdoringstreek bied van 15-19 Oktober ’n handvlytskou by die Potgietersrus-skougronde in Mokopane aan.

Die skou is nie net vir VLU-lede nie, maar vir enigiemand wat hul handvlytvernuf ten toon wil stel.

Die kategorieë is onder meer gebak, preservering, lekkers, brei-, hekel-, borduur- en masjienwerk, kuns, asook handvlyt. Elkeen van hierdie kategorieë het verskeie subkategorieë en kan op Die Pos se webtuiste by diepos.co.za gesien word.

Inskrywings kos R10 per item. Dit moet skoon en nuut vertoon. Inskrywings word op Maandag 15 Oktober tussen 09:00 en 15:00 gedoen. Die beoordeling vind op Dinsdag 16 Oktober plaas en die artikels kan van 17-19 Oktober vanaf 09:00-18:00 deur lede van die publiek besigtig word. Die prysuitdeling vind op Vrydag 19 Oktober van 15:00 plaas.

Reëls en kompetisielys vir Soetdoringstreek Handvlytskou

Toegang tot die skou is gratis en daar sal verskeie uitstallers wees, asook ’n teetuin.

Vir meer inligting bel vir Martie Janse van Rensburg by tel. 083 446 5343 of stuur ’n e-pos na martiejansevanrensburg7@gmail.com(.)

Related Articles

Back to top button