Boeremusiekikone tydens fees vereer

’n Groep van 30 musikante wat diep spore in boeremusiekgeledere getrap het, word Vrydagaand 7 September as ikone van boeremusiek vereer.

Groot opwinding heers oor die komende Boeremusiekfees wat van 7-9 September in Leeupoort buite Bela-Bela aangebied word.

Die fees beloof om weer baie interessant en aanskoulik te wees en ’n groot aantal van die land se staatmakermusikante het reeds vir die fees geregistreer.

’n Goeie balans van tradisionele en moderne boeremusiek kan verwag word.

Baie bekende musikante soos Hannes Schoeman, Pieter Zwart, Danie Grey, Paul Roodt, die Magalies Boereorkes, Coenraad Harm, Willie Mynhardt, Willie Jooste, Wikkel Fanie, Juan Vermaak, Connie du Toit en Greg Fisher en sy orkes, wat al die pad van die Kaap af kom, sal tydens die fees vir lekker luister- en dansmusiek sorg.

’n Groep van 30 musikante wat diep spore in boeremusiekgeledere getrap het, word Vrydagaand 7 September as ikone van boeremusiek vereer.

Die hoogtepunt van Saterdag 8 September is natuurlik die optrede van Ricus Nel en sy orkes, wat die gehoor vir meer as ’n uur met sy gewilde nommertjies sal vermaak.
Soos gewoonlik sal daar baie kos- en ander stalletjies vir besoekers wees.

Die naweek word Sondag met ’n dankdiens, wat vir die radio opgeneem en uitgesaai sal word, afgesluit.

Vir meer inligting bel vir Pieter Bodenstein by tel. 082 410 1655 of vir Pattie Jordaan by tel. 083 320 3068 of stuur ’n e-pos na gaangroen@gmail.com(.)

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version