LifestylePets

Kom spog gerus met Wagter, Kiets en ander troeteldiere

Van honde, katte, geveerde troeteldiere, troeteldiere sonder pote, visse, slakke, en dies meer is welkom.

Die NG Warmbad Wes-gemeente in Bela-Bela bied op Saterdag 1 September die jaarlikse troeteldierskou as deel van die kerk se Vreugdefees in Gilfillanstraat aan.

Die troeteldierskou word vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied en diere-eienaars word vriendelik genooi om hul diere vir die skou in te skryf — van honde, katte, geveerde troeteldiere, troeteldiere sonder pote, visse, slakke, en dies meer.

Eienaars kan hul diere op die dag in drie kategorieë laat inskryf:

Honde — die mooiste hond-afdeling (klein hondjies, klein honderas en groot honderas), beste toertjie en beste kostuum. Die tweede kategorie is vir ander diere (nie honde nie) en die derde kate-gorie is daarop gemik om die oorspronklikste troeteldier aan te wys. Baie spesiale pryse kan gewen word.

Die beoordelaars van die troeteldierskou is dr. Lente van der Merwe en Malie van Niekerk.

Inskrywings beloop R10 per kategorie.

Dit begin om 10:00 en almal is welkom om die dag by te woon. Vir navrae bel vir Koos Oosthuizen by tel. 072 509 4665 of stuur ’n e-pos na koos@senco.co.za(.)

Related Articles

Back to top button