LifestylePets

Voorkom só dié gevreesde siekte – hondsdolheid

Hondsdolheid veroorsaak wêreldwyd sterftes wanneer mense met die virus besmet word deur honde, jakkalse, vlermuise en ander diere.

Die departement van landbou se dieregesondheidsafdeling bied weer gratis inentings vir troeteldiere teen hondsdolheid aan.

Hondsdolheid word oorgedra deur ’n dodelike virus wat die senustelsel aantas. Dié siekte veroorsaak wêreldwyd sterftes wanneer mense met die virus besmet word deur honde, jakkalse, vlermuise en ander diere. Mense wat met hondsdolheid gediagnoseer word, oorleef baie keer nie. Dit is daarom belangrik om die verspreiding van dié siekte te beperk deur troeteldiere daarteen te ent.

Entings sal weer op Maandag 20 Augustus van 09:00 tot 10:00 voortgaan by Vaalkop, by Donkerpoortdam van 10:30 tot 12:00, by Cerio Rheno van 12:30 tot 13:30 en by Driefontein (Zebra Crossing) van 14:00 tot 15:00. Die ander inentingspan is van 09:00 tot 10:30 op hul pos by die ou Naboomfonteinwinkel, van 11:00 tot 12:30 by Doorndraaidam en van 13:45 tot 14:15 by die Sterkfontein-boeresaal.

Die inentings skop op Dinsdag 21 Augustus van 09:00 tot 10:00 by Klein Elandsfontein af, van 10:30 tot 11:30 by die Nooitgedacht-kruising en van 12:00 tot 14:00 by die Nyloewer-padstal. Inentings kan ook om 09:00 tot 10:30 by die Platdakwinkel en van 11:00 tot 13:00 by die Ietsi van Als-padstal gedoen word.

Inwoners naby die Phagameng-kliniek en in Phomolong kan op Woensdag 22 Augustus hul diere van 09:00 tot 17:00 laat inent. Die volgende dag is die span van 09:00 tot 13:00 in Phagameng Uitbreiding 10 beskikbaar en van 13:30 tot 16:00 by die F.H. Odendaal-hospitaal.

Diere kan om 13:30 tot 16:00 by die kafee in Boshoffstraat ingeënt word.

Troeteldiereienaars kan op Vrydag 24 Augustus hul diere tussen 08:00 en 09:00 na die Jasperstasie neem waarna die span van 09:30 tot 13:00 by Tempie Teëls beskikbaar is. Dorpenaars kan hul diere op Woensdag 29 Augustus en Donderdag 30 Augustus van 08:00 tot 17:00 by die O.R. Tambo-saal by die munisipaliteit laat inent.

Daarna is die inentings van 08:00 tot 16:00 by die departement van landbou se kantoor in Van Ryneveldstraat 89 beskikbaar.

Related Articles

Back to top button