LifestylePets

Voorkom hondsdolheid deur gratis inenting

Mense wat met hondsdolheid gediagnoseer word, oorleef baie keer nie. Dit is daarom belangrik om die verspreiding van dié siekte te beperk deur troeteldiere daarteen in te ent.

Die departement van landbou se dieregesondheidsafdeling bied weer gratis inentings vir troeteldiere teen hondsdolheid aan.

Hondsdolheid word oorgedra deur ’n dodelike virus wat die senustelsel aantas. Dié siekte veroorsaak wêreldwyd sterftes wanneer mense met die virus besmet word deur honde, jakkalse, vlermuise en ander diere.

Mense wat met hondsdolheid gediagnoseer word, oorleef baie keer nie. Dit is daarom belangrik om die verspreiding van dié siekte te beperk deur troeteldiere daarteen in te ent.

Inentings vind op Maandag 13 Augustus om 09:00 tot 10:30 by die ou Witklip-winkel plaas, van 10:30 tot 11:00 by Buffelsfontein, van 11:30 tot 12:30 by Boschdraai en van 13:00 tot 14:00 by die Sea Para School.

Op dieselfde dag is daar nog ’n span van 09:00 tot 10:30 by die Melkrivier-winkel, van 11:00 tot 13:00 by die Sukses-winkel en van 13:45 tot 14:45 by Driefontein/Uitspan.

Diere kan op Dinsdag 14 Augustus van 09:00 tot 10:00 by Rhenosterpoort ingeënt word, van 10:30 tot 13:00 by die Rankinspas-winkel en van 13:30 tot 15:30 by die ou Loubad-winkel. Tussen 09:00 en 10:00 kan diere na die ou winkel by Kralingen vir entings geneem word, van 10:30 tot 11:30 by Weltevreden en van 12:30 tot 15:00 by die Waterval-padstal.

Die span staan op Woensdag 15 Augustus reg by die ou Kromkloof-winkel van 09:00 tot 10:30, van 11:00 tot 12:30 by die winkel by Suikerboschfontein en van 13:00 tot 15:00 by die Doornfonteinwinkel (Atoom). Entings kan van 09:00 tot 09:45 by die ou Gemsbokfonteinwinkel gedoen word, van 11:00 tot 13:00 by die Antjesloop-winkel en van 13:30 tot 14:00 by die ou Duikerfonteinwinkel.

Related Articles

Back to top button