Lifestyle

Vul leesstof op dié dae aan

Die gewilde Leeskring in Modimolle se deure sal vanaf Woensdag 1 Augustus slegs twee dae per week oop wees en nie meer vier dae nie.

Volgens Marthie Alberts, wat die Leeskring op die been gebring het, kan lesers hul leesvoorraad op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 aanvul. Die Leeskring is by haar huis in Steve Tshwetestraat 13 (voorheen Hospitaalstraat).

Alberts het gesê hulle het 30 nuwe boeke op hul rakke uitgepak. Van die nuwe boeke sluit in Francine Rivers se Die Meesterstuk, Maya Fowler se Patagonië, Leon van Nierop se Die Stralejakkers, Jojo Moyes se One Plus One, Pieter-Louis Myburgh se Republic of Gupta, Jeanette Walls se Glass Castle, Jo Nesbo se The Bat, Tony Parker se The Hunter en Lisa Gardner se Right Behind You.

Vir meer inligting bel vir Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button