Lifestyle

Onthou dié wenke om veilig te wees

Skoolleerders in Die Pos se lesersgebied kan vir die volgende paar weke hul sorge oor somme en opstelle opsy skuif en ontspan nadat die skole amptelik op Vrydag 22 Junie gesluit het.

Die skole open weer op Dinsdag 17 Julie.

Janes Boshoff, voorsitter van die AfriForum-tak in Bela-Bela, het die volgende veiligheidswenke vir jong mense aan Die Pos gestuur. Dié lys is beskikbaar gestel danksy AfriForum Jeug.

By die huis:
Maak seker elke hek by die huis is te alle tye gesluit.

Maak seker die huis se alarmstelsel is geaktiveer en dat jy weet waar die noodknoppie is. Weet ook waar om te wag totdat hulp opdaag sodra iets nie pluis is nie.

Maak altyd seker jou selfoon is gelaai en dat daar ook ’n laaier in die plek is waar jy moet wag indien daar gevaar binne of buite die huis is.

Maak seker dat elke noodnommer — die polisie, ambulans en jou naastes se nommers — op jou foon gestoor of op die yskas geplak is.

Laai ’n naspoortoep (app) op jou foon af indien jou foon gesteel word.

As jy weg van die huis af gaan:
Maak seker jou foon is gelaai en dat jy jou laaier saam met jou neem.

Het jy ’n toep op jou selfoon sou jou foon gesteel word?

Maak seker jou beursie en foon steek nie by jou sakke uit nie.

Maak altyd seker dat jou handsak toe is wanneer jy in die dorp of elders is.

Kry pepersproei en hou dit in jou handsak.

Op die pad:
Maak vooraf seker of jy ’n veilige roete na jou bestemming neem.

Hou gerus AfriForum se SitRap-veiligheidskennisgewings op Twitter en Facebook dop.

Probeer om nie alleen êrens heen te ry nie en maak seker dat iemand weet waarheen jy op pad is.

Wanneer jy gaan stap of draf:
Dit is beter om in ’n groep van drie of meer vriende te stap of draf.

Maak altyd seker iemand weet waarheen jy op pad is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button