Die laaste week is Die Pos oorval deur hulpkrete van verskeie individue en instansies wat troeteldiere huisves wat tans sonder blyplek is.
Hierdie drie verlore honde (bo en onder) is onlangs in die Bela-Bela-omgewing gevind en na die Warmbad-dierekliniek geneem. Die honde kan by die kliniek op die hoek van Luna- en Minnaarstraat afgehaal word.
Dié Jack Russell-tefie is verlede week in Hospitaalstraat in Modimolle gevind. Sy is vermoedelik ’n jaar oud. Haar eienaar, of iemand wat haar wil aanneem, kan die Kranskop-dierekliniek skakel by tel. (014) 717 5996.