Dit is juis waarom Koro Ridge in Modimolle die ideale aftreeplek kan wees vir mense wat rustigheid soek, maar ook nie kilometers van die naaste fasiliteite wil wees nie.
Koro Ridge is binne die bekende Koro Creek-gholflandgoed aan die soom van Modimolle geleë.
Al die fasiliteite wat dus vir die eienaars van dié landgoed beskikbaar is, is ook tot die beskikking van Koro Ridge se eienaars. Dit sluit onder meer in die gholfbaan en al die klubhuis se geriewe, tennisbane, asook fiets- en staproetes. Daar is ook verskeie aktiwiteite en klubs waarby inwoners kan aansluit.
Die sekuriteit by dié landgoed geniet voorrang en word behartig deur ’n professionele sekuriteitsonderneming wat 24/7 verseker dat inwoners veilig is.
Die skema word volgens die deeltitelwetgewing ontwikkel wat beteken dat elke eienaar kaart en transport verkry. Ingevolge dié wetgewing moet die ontwikkelaars elke eenheid ten volle finansier voordat oordrag aan die koper kan geskied. Die ontwikkelaars is bekende en gerespekteerde inwoners van Koro Creek.
Elke koper kan self, binne perke, die volgende bepaal: die binne-uitleg, teëls, kleur van die binnemure, asook ander klein ontwerpelemente.
Daar is ’n skouhuis wat aan voornemende kopers getoon kan word.
Omdat die ontwikkelaars self verantwoordelikheid aanvaar vir die kwaliteit van die bouwerk, is daar besluit om van die bekende bouer, Piet de Beer, se dienste gebruik te maak.
Die ontwikkelaars het voorsiening gemaak vir basiese kliniekdienste wat teen ’n maandelikse fooi beskikbaar is. Vir hierdie doel is daar ’n gebou opgerig waarin ’n privaat mediese dokter gekonsulteer kan word.
’n Gekwalifiseerde verpleegkundige lewer verder vyf dae per week basiese kliniekdienste soos byvoorbeeld wondversorging, bloeddruk, neem van bloedmonsters ensovoorts. Soos en wanneer ’n inwoner tuisversorging benodig, kan die verpleegkundige dienste reël wat teen ’n ooreengekome fooi beskikbaar gestel kan word.
Mense wat belangstel in Koro Ridge se aftree-konsep kan Kobus Dissel by tel. 082 773 0794 of Chris Beyers by tel. 082 809 0163 skakel. Besoek ook gerus Koro Ridge se webtuiste by www.kororidge.co.za(.)