Lifestyle

Tree af by Koro Ridge

Daar is min plekke in Suid-Afrika waar ’n mens soveel rustig­heid en gemoeds­rus beleef as in die Bos­veld.

Dit is juis waarom Koro Ridge in Modimolle die ideale aftree­plek kan wees vir mense wat rustig­heid soek, maar ook nie kilometers van die naaste fasi­liteite wil wees nie.

Koro Ridge is binne die bekende Koro Creek-gholf­land­goed aan die soom van Modimolle geleë.

 

Al die fasiliteite wat dus vir die eie­naars van dié land­goed beskik­baar is, is ook tot die beskik­king van Koro Ridge se eie­naars. Dit sluit onder meer in die gholf­baan en al die klub­huis se geriewe, tennis­bane, asook fiets- en stap­roetes. Daar is ook verskeie ak­tiwitei­te en klubs waarby in­wo­ners kan aan­sluit.

 

Die sekuri­teit by dié landgoed geniet voor­rang en word behartig deur ’n pro­fes­sio­nele seku­riteits­on­der­ne­ming wat 24/7 verseker dat inwo­ners veilig is.

 

 

Die skema word volgens die deel­titel­wet­ge­wing ont­wik­kel wat be­te­ken dat elke eienaar kaart en tran­sport ver­kry. Ingevolge dié wet­ge­wing moet die ont­wik­ke­laars elke een­heid ten volle fi­nan­sier voor­dat oordrag aan die ko­per kan geskied. Die ontwikke­laars is bekende en ge­respek­teerde inwo­ners van Koro Creek.

Elke koper kan self, bin­ne perke, die volgende bepaal: die binne-uitleg, teëls, kleur van die binne­mure, asook ander klein ont­werp­elemen­te.

Daar is ’n skou­huis wat aan voor­nemende kopers getoon kan word.

Omdat die ont­wikke­laars self verant­woordelik­heid aan­vaar vir die kwa­li­teit van die bou­werk, is daar besluit om van die bekende bouer, Piet de Beer, se dien­ste gebruik te maak.

Die ont­wik­kelaars het voor­sie­ning ge­maak vir basiese kli­niek­dien­ste wat teen ’n maan­de­likse fooi beskikbaar is. Vir hierdie doel is daar ’n gebou op­ge­rig waarin ’n privaat me­diese dok­ter ge­kon­sul­teer kan word.

’n Ge­kwali­fi­seerde ver­pleeg­kun­dige lewer verder vyf dae per week ba­siese kliniek­dienste soos byvoorbeeld wond­versorging, bloed­druk, neem van bloed­mon­sters enso­voorts. Soos en wanneer ’n in­woner tuis­ver­sor­ging benodig, kan die ver­pleeg­kun­dige dienste reël wat teen ’n ooreen­ge­kome fooi beskik­baar gestel kan word.


Mense wat belangstel in Koro Ridge se aftree-kon­sep kan Kobus Dissel by tel. 082 773 0794 of Chris Beyers by tel. 082 809 0163 skakel. Besoek ook gerus Koro Ridge se web­tuiste by www.kororidge.co.za(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button