Rugby World Cup

Suid-Afrikaners se stryd met BOKKOORS!

Wie gaan Saterdag koning kraai?

Die Pos het vir ons lesers gevra wat hulle voorspelling vir die naweek se Wêreldbeker-finaal tussen die Springbokke en die All Blacks is. Hier is wat ons lesers sê:

Pieter van Heerden.

Pieter van Heerden, apteker van Bela-Bela:
“Ek is versigtig optimisties dat die Bokke gaan wen, maar dit gaan ’n naelbytstryd wees met 20-18.” Van Heerden is reeds op pad Frankryk toe vir die eindstryd. Hy was ook in 1995, 2007 en 2019 by die eindstryde wat die Springbokke gewen het.

Peter Moloto.

Peter Moloto, municipal spokesperson, Bela-Bela:
“My family and I will be in our Bokke gear on Saturday. I love how this sport is able to not only put us on the map internationally, but how we as a country are able to rally behind the boys. It gives more meaning to the slogan: Stronger Together. Final score 28-24 to South Africa.”

Paul Els.

Paul Els, Nylstroom Taksidermie, Modimolle:
“Die Springbokke wen met ’n naelskraapse telling van 15-12. Hy is egter in ’n groot verknorsing: “Ons het ’n troue aan wanneer die finaal gespeel word en die paartjie het mooi gevra dat niemand op hul selfone rugby kyk nie. Jy word met R500 beboet as jy gevang word!”

Morkel Booyse.

Morkel Booyse, makelaar van Bela-Bela:
Weerstoetande gaan die spel dikteer. Die Bokke gaan wen mits die voorry en impakspelers meer speeltyd kry. Ek voorspel die Bokke gaan wen met 20-18.

Carel Coetzee.

Carel Coetzee, Bela-Bela SuperSpar:
“My hart sê die Bokke gaan met 20 punte wen omdat ek dan baie meer ontstpanne gaan rugby kyk. My kop vertel ’n heel ander storie en ek sal bly wees as ons met een punt wen.”

Lizel Swart.

Lizel Swart, adjunkhoof akademie van Hoërskool Hans Strijdom:
“Die stelskopwerk en die besluite wat geneem word, sal deurslaggewend wees. Ek dink die Springbokke gaan naelskraap wen.” Sy gaan die wedstryd in Dullstroom kyk.

Sonja Beukes.

Sonja Beukes, bestuurder van die ModiMall:
Die Bokke gaan beslis wen. My telling is 21-18. “Ons gaan saam as ’n familie in ons lapa kyk. Ons maak ’n groot vuur en het baie pret — veral die kommentare wat daarmee saamgaan!”

Martiens Joubert.

Martiens Joubert, verkoopsman by Waterberg Toyota:
“Die Bokke gaan met drie punte (22-19) in ’n taai eindstryd wen. Ek gaan by Dorsland rugby kyk, want die gees is so lekker.

Handri van der Merwe.

Handri Van Der Merwe, adjunkhoof van Laerskool Nylstroom:
“Die Bokke gaan met 23-19 wen. Ons kyk rugby by my huis waar ons ’n lekker groot vuur maak, ’n vleisie op die kole gooi en lekker saam kuier.”

Freek Swanepoel.

Freek Swanepoel, prokureur van Mookgophong:
“Ek glo die Springbokke het die ondervinding en vermoë om te wen indien hulle die regte patroon speel. Ek voorspel ’n naelskraapse oorwinning vir die Bokke.”

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button