Local sportNewsSchoolsSportSport

Nylies se boulers laat die paaltjies kantel

Die krieketspelers van Hoërskool Nylstroom het hul buurskool, Hoërskool Warmbad vir slegs 32 lopies teruggestuur kleedkamer toe.

Die Nylies het daarin geslaag om die telling verby te steek met slegs twee paaltjies plat. Hulle wen dus oortuigend met agt paaltjies.

Tiaan Steffen van Hoërskool Nylstroom het goeie boulwerk gelewer en die Warmbad-kolwers vasgepen. Fotos: Herman Steyn.

Die Nylies se eerstespan speel komende Saterdag, 14 September, tuis teen Hoërskool Ellisras. Indien hulle die wedstryd wen, is hulle ligawenners en dring deur na die Limpopo-uitspeelwedstryde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button