Local sportNewsSport

Gimnaste tuimel talle medaljes los

Die Warmbad Kruiskrag-gimnastiekklub van Bela-Bela se gimnaste het op Saterdag, 3 Augustus weer hul staal gewys tydens die Waterberg Distrik-kompetisie in Thabazimbi.

Gimnaste van Lephalale (Ellisras), Thabazimbi, Mokopane (Potgietersrus), Makhado (Louis Trichardt), Marble Hall, Groblersdal, Swartwater en Bela-Bela het hul vernuf gewys.

Silara van der Merwe (12) van Bela-Bela, het in die Vlak 5-afdeling deelgeneem en het silwer medaljes in spronge en op die balk verwerf., Sy het algeheel tweede geëindig.

Die ander gimnaste van Bela-Bela het almal in die Vlak 4-afdeling deelgeneem.

Mia-Mari Barnard (10) het ’n silwer, en twee brons medaljes verwerf en was algeheel derde.

Sinzè Oosthuizen (11) het ’n silwer en ’n brons medalje verwerf, en was ook derde in haar ouderdomsgroep.

Mionè Smith (10), kon in haar ouderdomsgroep daarin slaag om ’n goue- en ’n silwermedalje te verwerf.

Warmbad Kruiskrag se gimnaste berei hulle nou voor vir die Limpopo-kampioenskap wat op Vrydag, 16 Augustus, ook in Thabazimbi aangebied word.

Related Articles

Back to top button