Local sportNewsSport

Warries seunshokkie blink uit

Die junior seunshokkiespan van Hoërskool Warmbad het op 19–20 Julie aan ’n hokkietoernooi by Zwartkloof-natuurreservaat, buite Bela-Bela deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.

Die span het slegs vier dae gehad om saam te oefen aangesien nege spelers vir die eerste keer ooit ’n hokkiestok vasgehou het in die oefenlopie voor die toernooi.

Dié span is deur die organiseerders geloof vir hul dissipline en goeie gedrag tydens die toernooi.

Hul het op die eerste dag daarin geslaag om gelykop te speel teen die meer ervare span van Hoërskool Eric Louw van Messina. Op Saterdag, 20 Julie het hul die A- en B-spanne van Hoërskool CR Swart van Pretoria en Marblehall geklop.

Related Articles

Back to top button