Local sportNewsSport

Dit was so hittete of Warries wen

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Warmbad het hul semi-finale wedstryd in die gesogte Noordvaal-kompetisie, naelskraap verloor. Die eindtelling was 38–34 in Hoërskool Kanonkop se guns.

Die Warries het op Saterdag, 3 Augustus uitgedraf op Kanonkop se tuisveld in Middelburg. Die verwagting dat dit ’n taai wedstryd sou wees is vroeg bewaarheid en vir die duur van die stryd het die telling wipplank gery. Hoërskool Warmbad moes uiteindelik die knie buig teen die tuisspan.

Gerben de Beer op pad doellyn toe, met Matie Barnard in die agtergrond wat hom luidkeels ondersteun. Foto’s Herman Steyn

Deon Scholtz, die linkervleuel van Hoërskool Warmbad, het ’n uitmuntende wedstryd gehad en kon daarin slaag om drie drieë vir die Warries te druk. Gerben de Beer, het ook sy skool se naam hoog gehou deur agter die opposisie se doellyn te gaan kuier.

Die Warries het nie die voordeel van ’n tuisveld gehad nie, maar aan entoesiastiese toeskouers was daar geen gebrek nie.

Hoërskool Warmbad se afrigters het gesê, hoewel hul nou uitgeskakel is vir hierdie jaar se kompetisie, skuif hul solank reg om volgende jaar die Noordvaal-trofee Bela-Bela toe te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button