Local sportNewsSportSport

Koue skrik wedvlugduiwe nie af

Vir die lede van Sentraal-Limpopo Duiwe-unie van Bela-Bela, was daar nie tyd vir bibber in die koue Reddersburg, suid van Bloemfontein, nie.

Hulle moes bontstaan om hul wedvlugduiwe betyds vry te laat.

Op Saterdag, 6 Julie om 08:00 is die eerste groep van 180 duiwe vrygelaat, en om 08:45 die tweede groep van 180 duiwe. Die eerste groep duiwe het almal meer as 500 km gevlieg, en die eerste twee plekke is onderskeidelik ingeneem deur die spanne van Bessie en Blom (Paul Bester), en Frank Ferreira. Die wenner het ’n afstand van 544 km in net onder 14 ure voltooi.

In die Ope-afdeling was die duif van Arrie en Lynette van der Merwe eerste, Bessie en Blom (Paul Bester) tweede, en nog ’n duif van Arrie en Lynette derde. Die wenduif kon die afstand van 563 km in 14:48:54 voltooi.

Die volgende vlug vind op Saterdag, 13 Julie vanaf Smithfield in die Vrystaat plaas.

Related Articles

Back to top button