Local sportNewsSportSport

Tuimel-gimnaste skitter in klubkompetisie

Die nuut gestigte Tumbletide Warmbad Aerialnastix-tuimelklub se gimnaste het pas hul eerste kompetisie van die seisoen op ’n hoë noot begin.

Drie van die klub se gimnaste het op Saterdag 9 Junie aan die Eagle’s-klubkompetisie in Benoni, Gauteng deelgeneem. Christi Paul het op Vlak 2 (tuimel en ‘bench’) en Vlak 3 (trampolien) deelgeneem, en was onderskeidelik 15de, 10de en 3de in haar afdelings. Jemma de Beer het op Vlak 2 (tuimel en trampolien) en Vlak 3 (‘bench’) ’n 9de, 5de en 6de plek behaal. Silara van der

Merwe het aan Vlak 3 (tuimel en trampolien) en Vlak 4 (‘bench’) deelgeneem en eindig daar algeheel 9de, 3de en 10de.

Die gimnaste se volgende kompetisie is op Saterdag 27 Julie wanneer die Limpopo-kwalifiserende kompetisie gehou word.

Related Articles

 
Back to top button