Local sportNewsSport

Koue trotseer vir warm spel

Die spelers van die Nylstroom-rugbyklub het hul spiere teen die span van Amandel-bult gebult tydens hul wedstryd op Vrydag, 21 Junie op Hoërskool Nylstroom se velde.

Die Nylstroom-span het 80 – 7 gewen op ’n yskoue aand.

“Ons wil graag ons toeskouers bedank wat die koue trotseer het. Die wedstryd het ook ’n uur later begin omdat Amandelbult se bus gebreek het en hul span laat opgedaag het,” het Jannie Venter, die span se afrigter, gesê.

“Nylstroom het die wedstryd ingegaan met die denkwyse dat hulle gaan wen. Hulle het skoon hardlooprugby gespeel.

Dit was ’n harde fisiese wedstryd en die afronding aan Nylstroom se kant was baie goed gewees. Elke speler het uitgestaan in sy posisie. Dit is ’n groot voorreg om by die spelers en klub betrokke te wees,” het hy gesê.

Charl Pretorius is aangewys as die beste agterspeler, Janko Smith vir die grootste “hit” en Heinrich Steffen as die beste voorspeler.

Die span het op Vrydag, 7 Junie te staan gekom teen die Naboomspruit-rugbyklub op Hoërskool Hans Strijdom se velde. Die Nylstroom-span het 23 – 14 gewen.

In hul wedstryd teen die Mogol-rugbyklub op Vrydag 24 Mei het hulle egter net-net die spit afgebyt met ’n telling van 23-29.

* Die span van die Limpopo Blue Bulls Country Districts speel op Saterdag, 29 Junie om 15:00 teen die Uganda Cranes op Hoërskool Nylstroom se rugbyvelde. Toegang is gratis.

Die Limpopo-span bestaan uit klublede: (1) Dandre Grobler van Mogol, (2) Sydney Maswanganyani van Nylstroom, (3) Eben Brand van Naboomspruit, (4) Meyer Ferreira van Nylstroom, (5) Piet van Heerden van Loskop, (6) Jan Manganye van Nylstroom, (7) Rudolph du Plessis van Mogol, (8) Kobus du Plessis van Naboomspruit, (9) Stephan Janse van Vuuren van Nylstroom, (10) HJ

Pienaar van Mogol, (11) Thato Gozolo van Naboomspruit, (12) Charl Pretorius van Nylstroom, (13) Tristan Snyman van Nylstroom, (14) Junior Mnisi van Potgietersrus, (15) Franco van Deventer van Vaalwater, (16) Sakkie Wessels van Mogol, (17) Hermanus Swart van Naboomspruit, (18) Wessel Botha van Potgietersrus, (19) Jadrin van Blerk van Mogol, (20) Brandon Lehmann van Mogol, (21) Thulandi Plaatjies van Siyanda, (22) Michael Pauer van Vaalwater, (23) Sandile Mahsaba van Siyanda, (24) Brandon Neveling van Vaalwater, (25) Anrico van der Schyff van Kwaggas (Bela- Bela) en (26) Jeandre Johnson van Loskop.

Related Articles

 
Back to top button