Local sportNews

Big-Bash lok talle spelers

Die vyfde Waterberg Toyota Big-Bash-toernooi is op Saterdag, 8 Junie by die Warmbad Rolbalklub gehou.

Altesame 26 spanne van reg oor die land het saam kom balle rol. André Kruger van Modimolle, en Glen Davies van Warmbad Rolbalklub is aangewys as die algehele wenners en Danie van Tonder van Lynnwood in Pretoria was die beste ‘lead’ speler.

Danie van Tonder (beste ‘lead’ speler) en Faan Rossouw, (voorsitter van die Warmbad Rolbalklub).

Die oudste deelnemer was oom Bruno Pentzhorn (92) wat al die pad van Midstream in Centurion gekom het om deel te neem. Faan Rossouw, klubvoorsitter, sê daar het al klaar 14 spanne geregistreer om volgende jaar weer te kom deelneem.

Related Articles

 
Back to top button