Local sportSport

Warries blink weer uit

Die afgelope naweek was Hoërskool Warmbad se wintersportspanne kookwater en hulle het behoorlik hul stempel afgedruk.

Die o.19 meisieshokkiespan het hul plek verseker in die DSTV Limpopo-skolekompetisie.

Die eerste seunshokkiespan het teen Capricorn gespeel en hul 2:0 gewen. Die seunspan gaan dus ook deelneem Saterdag, 1 Junie aan die Limpopo-kompetisie vir medium skole in Tzaneen.

Die eerste rugbyspan van Hoërskool Warmbad.

Die Warries se eerste rugbyspan het ook hul ligawedstryd teen Hoërskool Eric Louw van Messina met ’n allemintige telling van 66:5 gewen.

Hul speel Saterdag teen Stanford Lake College in hul laaste ligawedstryd.

Die junior rugbyspanne het ook skoonskip gemaak met al hul wedstryde. Die o.14-seuns wen 51:5, die .15-span wen 17:7 en die o.16-seuns wen 19 – 15 in hul wedstryd.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button