Local sportSport

Topspelers gaan saam kom balle rol

Die Warmbad-rolbalklub in Bela-Bela word as een van die toptien beste klubs in Suid-Afrika beskou, sê Faan Rossouw, voorsitter van die klub.

Die klub bied op Saterdag, 8 en Sondag, 9 Junie sy grootste byeenkoms van die jaar aan. Spelers wat aan die Waterberg Toyota Big Bash gaan deelneem, sal met reuse pryse kan wegstap.

Topspelers van oor die land gaan kom balle rol en besoekers is welkom om die aksie en pret saam te kom beleef.

Rossouw wys daarop dat die klub se fasiliteite kers kan vas hou by baie groter klubs in die land. Hy meen dat die klub die grootste bymekaar-kom-plek van die sakelui in die dorp is.

Die huidige terrein in van Stadenstraat, is in 2001 bekom. Sedertdien word daar elke jaar gepoog om die ruim klubhuis en pragtige bane op te gradeer. Hy sê dat hul trots is om te kan sê van al die sportsoorte wat in Bela-Bela gespeel word, hul by verre die beste fasiliteite het.

Anneke Thorpe, Isobel Botha (afrigter) en Glen Davies.

Voor die Covid-19-pandemie het dié klub met tussen 300 en 400 lede gespog Die pandemie het egter die wêreld omgedop en hul ledetal het drasties verminder. Die klub was in 2023 nog gereken as die grootste klub in Limpopo met nagenoeg 70 ingeskrewe lede. Hierdie klub het ook al verskeie Limpopo-kampioene opgelewer, en het afgesien van hul prestasies in Limpopo, onlangs ook by die Gauteng Noord-streek aangesluit, en hulle neem in Oktober deel aan die streek se Aalwyn-toernooi. Lede van die klub het ook aan die SA Kampioenskap wat onlangs in die Wes Kaap (vroue) en Gauteng (mans) aangebied is, deelgeneem.

Rossouw sê dat, ongeag van die wanindruk kan die diverse spelers ’n goeie aanduiding wees dat rolbal nie net deur ouer mense beoefen word nie. Dit is ’n sport vir almal: oud, jonk, of gestremd, jy kan ’n waardevolle bydrae maak in ’n span. Hy voeg by dat navorsing bewys dat mense wat rolbal as ’n sportsoort beoefen oor die algemeen ouer word as die wat dit nie beoefen nie.

Die klub het op Donderdag, 25 April, sy klub-kampioenskap gehou en die wenners was Glen Davies (mans), en Anneke Thorpe (vroue). Sowat elf jaar gelede het die klub die gewilde sakeliga ingestel. Die kompetisie groei jaar op jaar en plekke moet nou al gereserveer word. Daar is tans sowat 28 sakeondernemings wat teen mekaar meeding. Hul het reeds aansoeke gekry van nuwe spanne wat ook in die volgende kompetisie wil deelneem. Hul is tans nog op ’n waglys geplaas.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button