Local sportSport

Hierdié jukskei-spelers gooi raak

’n ‘Dubbeldag’ jukskeitoernooi is op Saterdag, 18 Mei by die Naboomspruit-jukskeiklub in Mookgophong gehou.

Daar het 28 spanne, met twee spelers elk deelgeneem. Elke span kon sy eie naam kies en daar was spelers van so vêr as Pretoria, Polokwane, Mokopane en Bela-Bela wat teen die plaaslike spelers meegeding het. Die kompetisie het uit vier afdelings met sewe spanne elk bestaan. Die afdelings was A, B, C1 en C2.

Afdeling A se naaswenners was Die Makkersspan – Jan Opperman en Hardus Ross.

Die wenners van afdeling A was die Coetzee’s, met Manie en André Coetzee en in die tweede plek was Die Makkersspan (Jan Opperman en Hardus Ross). In afdeling B het Die Vinke septer geswaai, en Hansie en Grietjie- span was kort op hul hakke. Afdeling C1 is gewen deur Die Rokkerspan, en tweede was Golden Champerspan. In afdeling C2 het die Geraldinespan gewen, en tweede was Die Lefties.

Daar word dan ook ’n groot jukskeibyeenkoms gereël vir Saterdag, 22 Junie, waartydens spanne van Gauteng en Limpopo sal deelneem op die bane van Naboomspruit-jukskeiklub.

Die dag was ’n groot sukses en almal wat gehelp het daarmee word van harte bedank.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button