Local sportSport

Gimnaste tuimel medaljes los

Die jong gimnaste van Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela het op Vrydag en Saterdag 17 en 18 Mei aan die Limpopo-kampioenskap deelgeneem wat op Lephalale (Ellisras) gehou is.

Die gimnaste se vordering is merkwaardig en hul afrigters, Amonè en Mariaan van Niekerk is uiters trots op die groepie wat so goed presteer het.

Die gimnaste het elkeen in hul vlak deelgeneem teen hul mededingers.

Die uitslae is soos volg: Vlak 1 – Hendrik le Roux (goud); Vlak 2 – Hope Nkuna (silwer), Lenchen Kellerman (brons) en Derik Smith (brons); Vlak 3 – Divan Nel (silwer), Kayla Berrange (brons), en Jemma de Beer (brons).

Die Limpopo-span sal binnekort aangekondig word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button