Local sportSportSport
Jukskeidag vir aftreeoorde
Limpopo Juniors Jukskei bied ’n sosiale dag vir aftree-oorde van die provinsie aan op Saterdag 13 Julie ter viering van die heropening van die Limpopo-jukskeibane. Spelers word uitgenooi om deel te neem en hul vriende en familie saam te bring vir die pretdag.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2024/06/Jukskei-780x470.jpg)
Die inskrywingsfooi is R50 en inskrywings sluit op Woensdag 10 Julie.
Die dag vind plaas by die Limpopo-jukskeibane in Polokwane. Die opening is om 07:30 met die spel wat kort daarna begin.
Vir meer inligting, skakel tel. 078 575 7774.